Wiki o Kurowie
Advertisement
Herb Kurowa KurówPoland
Kurów
Woiwodskap Lublin Woiwodskap
Provinsie Pulawy provinsie
Burgemeester Maria Wiejak
Bevolking 2822 (31.12.2014)
Oppervlakte 11,33 vk. km
Digtheid 249/vk. km
Hoogte 157 m bo seespieël
Koördinate 52° 24' N, 21° 11' O
Landnommer +48 (81)

Kurów () is 'n dorp met 2 822 inwoners in die woiwodskap Lublin in die suidooste van Pole. Dit staan onder meer bekend as die geboortedorp van die voormalige Poolse staatspresident en generaal Wojciech Jaruzelski.

Geskiedenis[]

Kurów is in die tydperk tussen 1431 en 1442 volgens Magdeburgse reg gestig. In die 16de eeu is die dorp 'n sentrum van die Poolse calvinisme, tog neem die inwoners tot by die jaar 1660 die Ariaanse geloof aan. In Februarie 1831 verslaan Poolse troepe onder die bevel van generaal Józef Dwernicki 'n Russiese strydmag. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is Kurów in 'n Duitse bomaanval op 9 September 1939 verwoes.

Advertisement